Polisieman verkrag 14-jarige glo verskeie kere

ʼn Wes-Kaapse polisieman is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie verkrag het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die 41-jarige adjudant-offisier is in die Paarl in hegtenis geneem en word daarvan beskuldig dat hy die meisie verskeie kere verkrag het. Die beampte het glo in April vanjaar na die meisie se huis gegaan en haar twee keer sonder ʼn kondoom verkrag. Hy het haar glo ook een keer na sy huis gevat en verkrag en haar na die tyd by die skool gaan aflaai en aan die onderwyser gesê hy moes ʼn verklaring by haar kry oor ʼn saak wat hy ondersoek. Die beampte het die meisie glo ook een keer met sy polisievoertuig opgelaai en haar in ʼn veld verkrag. Dlamini sê die meisie is glo ook verskeie ander kere verkrag. “Die ma van die slagoffer het ʼn boodskap van die verdagte gekry toe sy haar dogter se selfoon gebruik het. Die slagoffer het haar niggie van die verkragtings vertel maar was te bang om haar ouers te vertel.” Die polisiebeampte sal na verwagting Vrydag in die Paarl-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Praat die nuus nou van die man wat eindelik vertrou moes word,SAPD ?die mense verstaan nie hoekom daar soveel agresie is nie,maar al die dinge wat mens daagliks lees ,daar is geen respek vir daardie deel van ons magte nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.