Polisieman verkrag glo eksvrou

ʼn Polisiebeampte van die Paarl in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksvrou verkrag het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die konstabel en sy vrou is vervreem en bly nie meer saam nie. Die 29-jarige vrou het glo Maandagaand huis toe geloop toe die 33-jarige konstabel gestop en haar ʼn saamrygeleentheid aangebied het. Hy het glo na ʼn stil plek naby die rivier gery waar hy met haar wou seks hê. Dlamini sê sy het geweier. Die beampte het homself glo op haar afgedwing en haar in die motor verkrag. Die vrou het ʼn saak teen hom geopen en hy is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die Paarl-landdroshof verskyn. Twee polisiebeamptes, ʼn kaptein en ʼn konstabel, het vroeër die maand in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle vrouens in hul polisievoertuie verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.