Polisieman verkrag, vermoor glo dogter

ʼn Polisieman van Durban is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van en moord op sy dogter.

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) se woordvoerder, Moses Dlamini, sê die 39-jarige polisieman was uit op borg toe hy glo sy 14-jarige dogter doodgeskiet het. Hy het glo Donderdagaand omstreeks 19:00 by die huis aangekom en sy dogter en haar ma in een van die kamers toegesluit. “Hy het glo gedreig om hulle dood te maak. Iemand het hom glo gebel en sy dogter, wat nege maande swanger was, het ʼn spaarsleutel gebruik om die deur oop te sluit. Toe sy probeer weghardloop het haar pa haar glo doodgeskiet.” Hy is kort na die beweerde moord in hegtenis geneem. Daar is intussen vasgestel dat die polisieman op borg uit was nadat hy glo sy dogter verkrag en swanger gemaak het. Die hof het besluit om te wag dat sy dogter geboorte gee sodat daar toetse gedoen kon word om vas te stel of hy die pa is. Die polisieman sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn wanneer hy sal aansoek doen om borg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.