Polisieman verkrag vrou glo in amptelike kar

‘n Kaptein in die polisie is in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 46-jarige vrou in sy amptelike motor verkrag het, het die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) Vrydag gesê.

“Die vrou voer aan dat sy op 20 Junie omstreeks 23:30 deur die verdagte in ‘n amptelike SAPD-voertuig verkrag is terwyl die beampte glo aan diens was,” het Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, gesê. “Die verdagte het glo gedreig om die vrou en haar seun te skiet indien sy die saak sou aanmeld. Sy het dus nie dadelik die saak aangemeld nie.”

Volgens Dlamini is die 46-jarige beampte Donderdag in hegtenis geneem nadat die vrou ‘n klag teen hom gelê het. “Opod het die klag ondersoek en die verdagte op dieselfde dag in hegtenis geneem na aanleiding van die getuienis wat ingewin is.”

Die man sal Maandag in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.