Polisieman vermoor vriendin, self

ʼn Polisiebeampte het sy vriendin doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het in Witrivier buite Nelspruit in Mpumalanga.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Leonard Hlathi, sê sers. Andries Motau (36) het Donderdagmiddag sy vriendin Nelisiwe Mbuyane (30) verskeie kere buite haar huis in Kabokweni geskiet. Hy het kort hierna selfmoord gepleeg. Motau en Mbuyane is op die toneel dood. Mbuyane was ʼn verpleegster by die Bhuga-kliniek naby Witrivier. Hlathi sê Mbuyane het vroeër ʼn saak van intimidasie teen Motau geopen en aansoek gedoen om ʼn beskermingsbevel teen hom. Motau het by die Kanyamazane-polisiestasie gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.