ʼn Senior polisiebeampte is Maandag in die Sasolburg-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onder meer aan verkragting skuldig bevind is.
Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê Mahlatse Thobakgale is skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting, die rig van ʼn vuurwapen en die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen. Dlamini sê Thobakgale was ʼn senior superintendent in die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat ten tyde van die misdade. Thobakgale het in Februarie 2010 die klerk by die Deneysville-polisiestasie ontvoer. “Hy het die slagoffer gedreig met ʼn vuurwapen. Hy het haar in sy motor gedwing en na ʼn afgeleë gebied gery. Hy het haar beveel om haar klere uit te trek waarna hy haar drie keer verkrag het. Hy het haar na die tyd terug na die stasie geneem.” Dlamini sê Thobakgale is kort na die voorval in hegtenis geneem en uit die polisiediens geskors.
NOU WAAROM WORD DAAR NIE ‘N FOTO VAN DIE DING GEWYS NIE !