Polisieman vyf keer geskiet

ʼn Polisiekonstabel is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal na hy Dinsdagaand vyf keer geskiet is.

Volgens kaptein Adéle Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, is konstabel Zolile Simon Jas omstreeks 22:00 in Bergenstraat, Khuma, naby Klerksdorp, geskiet.

Jas en sy kollega het ʼn geparkeerde bakkie se nommerplaat nagegaan. Die registrasienommer het nie met die voertuig se inligting ooreengestem nie. Hulle het die bakkie genader om ondersoek in te stel waarna die vier insittendes op hulle begin skiet het.

“Hy was vyf keer geskiet, in sy heup, bene en enkel.” Hy sterk tans in die hospitaal aan.

Die verdagtes het vir omtrent 100m gery waarna hulle uit die voertuig gespring en op voet gevlug het. Die polisie het op die voertuig beslag gelê.

Die verdagtes is steeds soek. ʼn Saak van poging tot moord is oopgemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.