Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke

Saps-ls10-320x224

Die Valke het Dinsdag ontken dat kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, wat glo ʼn lening van R408 000 by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye aangegaan het, bedank het.

Kapt. Paul Ramaloko het gesê Steyn het nooit aangebied om te bedank nie, maar is op jaarlikse verlof.

Beeld het Dinsdag berig Steyn het bedank, maar Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het glo geweier het om sy bedanking te aanvaar hangende die uitkoms van ʼn interne ondersoek.

“Hy is ook nie geskors nie. Ons kan nie ʼn beampte skors weens inligting wat op mediaberigte gebaseer is nie,” het Ramaloko gesê. “Ons het ʼn span wat die beweringe teen Steyn ondersoek.”

Die Mail&Guardian het Vrydag berig dat Steyn glo die lening by Groep Twee Beleggings aangegaan het, maar dat Steyn nie besef het dat die onderneming aan Krejcir verbind word nie. Hy het glo eers vyf maande later toe Lolly Jackson, ontkleedansklubeienaar, dood aangetref is, van die verbintenis uitgevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.