Polisieman wat gesin uitwis se name bekend

Lucas Thabo Motaung saam met sy vrou Phindile en een van hulle kinders. Foto: Facebook

Die polisieman wat sy vrou en babaseun doodgeskiet het en sy driejarige dogtertjie gewond het se name is deur die polisie bekendgemaak.

Konst. Lucas Thabo Motaung het Saterdag sy vrou, Phindile, en sy drie maande oue babaseun, Bokamoso, doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het. Sy driejarige dogtertjie, Khomo, is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Die voorval het in die gesin se huis in Wespark, in die weste van Pretoria, plaasgevind. Motaung was ʼn konstabel by die Garsfontein-polisiestasie, oos van Pretoria. Sy vrou het glo by die Kalafong-hospitaal gewerk. Die polisie sê dit is nog te vroeg om te spekuleer oor ʼn moontlike motief vir die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.