Polisieman wat glo 14-jarige verkrag in hof

ʼn Polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 14-jarige meisie verskeie kere verkrag het, het Vrydag in die Paarl-landdroshof verskyn.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die 41-jarige adjudant-offisier se saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer hy om borg sal aansoek doen. Die verkragtings is Dinsdag aangemeld en die beampte is Woensdag in hegtenis geneem. Die beampte word daarvan beskuldig dat hy die meisie verskeie kere verkrag het. Die beampte het glo in April vanjaar na die meisie se huis gegaan en haar twee keer sonder ʼn kondoom verkrag. Hy het haar glo ook een keer na sy huis gevat en verkrag en haar na die tyd by die skool gaan aflaai en aan die onderwyser gesê hy moes ʼn verklaring by haar kry oor ʼn saak wat hy ondersoek. Die beampte het die meisie glo ook een keer met sy polisievoertuig opgelaai en haar in ʼn veld verkrag. Dlamini sê die meisie is glo ook verskeie ander kere verkrag. “Die ma van die slagoffer het ʼn boodskap van die verdagte gekry toe sy haar dogter se selfoon gebruik het. Die slagoffer het haar niggie van die verkragtings vertel maar was te bang om haar ouers te vertel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

Toe haar ma op die selfoon agter kom van die “Suggar Daddy”,,,,,,,,toe skreeu die meisiekind “Rape”!!!,,,, en wanneer word al die ander duisende mans aangekla,wat die 14jarige en jonger meisiekinders verwagtend gemaak het,,,,,,, wat met hulle dikpense op skool sit,,,en as die kind gebore word dan mag “OUma” wat die kleinding oppas gaan “Grant” trek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.