Polisieman wat glo man doodskiet na nagklub-klopjag kry borg

Die polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het na ʼn klopjag op ʼn nagklub in Boksburg, het Woensdag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

EWN berig dat sers. Raymond le Roux Woensdag vlugtig in die Boksburg landdroshof verskyn het en op borgtog van R2 000 vrygelaat is. Hy sal weer op 17 April in die hof verskyn. Rean Ramdin (29) is glo die naweek deur die polisie doodgeskiet nadat hy gedurende ʼn klopjag by Presley’s in Boksburg in hegtenis geneem is. Volgens sy gesin was sy twee nefies by hom toe hy in hegtenis geneem is. Hulle het glo die sleutels van sy pa se bakkie by hom gevat voor hy in die vangwa gelaai is. Sy nefies het glo gehoor hoe daar skote afgevuur word op die hoek van Rietfontein en Rondebultweg onderweg na die polisiestasie. Ramdin was glo in handboeie toe hy doodgeskiet is. Die polisie het glo gesê dat Ramdin probeer ontsnap het en dat hulle waarskuwingskote afgevuur het. Die polisie beweer ook dat hulle na die nagklub ontbied is nadat daar glo dwelms in Ramdin se besit gevind is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.