Polisieman wat glo verkrag kry borg

ʼn Polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 14-jarige meisie verskeie kere verkrag het, is Vrydag in die Paarl-landdroshof op borgtog vrygelaat.

SABC News berig die 41-jarige beampte is op borg van R1 500 vrygelaat op die voorwaarde dat hy nie kontak maak met die beweerde slagoffer, haar familie of lede van sy kerk nie. Volgens die berig het die hof bevind dat daar nie genoeg bewyse was om borg te weier nie. Die staat het voorgehou dat die verdagte moontlik kan inmeng met die ondersoek. Die beampte is intussen uit die polisie geskors sowel as van sy pastorale pligte by die kerk onthef. Die beampte onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Die saak is tot 6 Augustus uitgestel.

Die beampte het glo in April vanjaar na die meisie se huis gegaan en haar twee keer sonder ʼn kondoom verkrag. Hy het haar glo ook een keer na sy huis gevat en verkrag en haar na die tyd by die skool gaan aflaai en aan die onderwyser gesê hy moes ʼn verklaring by haar kry oor ʼn saak wat hy ondersoek. Die beampte het die meisie glo ook een keer met sy polisievoertuig opgelaai en haar in ʼn veld verkrag. Dlamini sê die meisie is glo ook verskeie ander kere verkrag. “Die ma van die slagoffer het ʼn boodskap van die verdagte gekry toe sy haar dogter se selfoon gebruik het. Die slagoffer het haar niggie van die verkragtings vertel maar was te bang om haar ouers te vertel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.