ʼn Polisiebeampte is deur ʼn wildbewaarder doodgeskiet waarna laasgenoemde deur ʼn soldaat doodgeskiet is in die Krugerwildtuin.
ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Vishnu Naidoo, sê die polisieman het Saterdagoggend saam met ʼn soldaat na renosterstropers gesoek in Tshokwane in die suide van wildtuin toe daar op hul geskiet is. Die polisiebeampte is doodgeskiet. Die soldaat het op sy beurt die skieter doodgeskiet. Naidoo sê daar is later vasgestel dat die skieter ʼn wildbewaarder in die wildtuin was. Die polisie ondersoek die saak.