Polisieman wis gesin uit, skiet homself

ʼn Polisiebeampte van Kaapstad het Sondag sy gesin uitgewis en daarna homself geskiet.

Die Daily Voice het Dinsdag berig dat sersant Max Phakamile Gwanya (37) ʼn rusie met sy vrou, Nosivuyise (37), gehad het. Hy het uit die huis gestorm en in sy voertuig geklim.

Gwanya, wat by die Bellville kommersiële misdaadeenheid gestasioneer was, het sy pistool by die stasie gaan haal en is terug na die huis waar hy sy skoonsuster eerste doodgeskiet het. Hy het daarna sy vrou en vierjarige seun, wat probeer weghardloop het, buite die huis gekry en hulle ook geskiet en toe homself.

Dit is nog nie seker waaroor hulle baklei het nie. Die polisie ondersoek ʼn aanklag van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.