Polisiemanne in hof na hulle glo motoris verkrag

Die saak teen twee polisiebeamptes wat glo ʼn motoris verkrag het, is Maandag uitgestel.

EWN berig dat die saak Maandag vir ure in die Alexandra landdroshof vertraag is. Die polisiebeamptes het glo ʼn vrou afgetrek en haar op haar motor se agtersitplek om die beurt verkrag. Die slagoffer se suster is glo ook ʼn paar honderd meter van daar af in ʼn aparte voorval verkrag. Die susters het glo verlede Vrydagaand teruggekeer van ʼn partytjie toe die polisie hulle afgetrek het. Die polisie het hulle glo egter laat gaan hoewel hulle gedrink het. Die ouer suster het na bewering haar jonger suster by laasgenoemde se woonstel afgelaai voor sy na haar eie woonstel gery het. Die ouer suster is glo hierna weer deur polisiebeamptes afgetrek en verkrag. Die jonger suster het glo agtergekom dat sy haar sleutels by die partytjie vergeet het en het agter haar suster se motor aangehardloop om haar aandag te trek. ʼn Rooi Opel het glo langs haar gestop waarna twee mans haar glo verkrag het. Haar vermeende verkragters is steeds op vrye voet. Daar was Maandag verwarring in die hof terwyl die susters se regsverteenwoordiger met die aanklaer en die polisiebeamptes se regsverteenwoordigers ontmoet het. Die polisiebeamptes se regsverteenwoordigers wou glo gehad het dat die borgaansoek Maandag aangehoor moes word terwyl die susters se regsverteenwoordiger glo gevra het dat die saak uitgestel word. Die saak sal Dinsdag voortgaan.

Lees die berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.