Polisiemanne skik buite hof oor K-woord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

‘n Skikking is bereik nadat ʼn senior polisiebeampte glo ‘n rassistiese en neerhalende opmerking aan ‘n ander beampte gemaak het, het The Star Maandag berig.

Eben McLaren, direkteur van die Roodepoort-polisiestasie, het ʼn eis van R1 miljoen skadevergoeding teen die minister van die polisie en twee ander polisiebeamptes ingedien nadat die twee beamptes glo ʼn saak van crimen injuria teen hom aanhangig gemaak het.

Kapt. Victor Pambo, van Lonehill, beweer McLaren het hom ʼn “ka***r” genoem toe ander polisiebeamptes by die kruising van Bosman- en Pretoriusstraat in Pambo se voertuig geklim het. McLaren het glo gedink Pambo was besig om ʼn verkeersoortreding te begaan.

Pambo het ná die voorval ʼn kriminele saak van crimen injuria teen McLaren aanhangig gemaak en het ook ʼn interne grief teen hom ingedien. Die klagtes is egter later teruggetrek en McLaren is vrygespreek in sy tugverhoor.

Die saak sou verlede week in die Pretoriase hooggeregshof oor ʼn tydperk van ses dae lank aangehoor word, maar is gekanselleer nadat die partye buite die hof geskik het. Volgens die skikking gaan die minister van die polisie die helfte van McLaren se regskostes betaal wat hy aangegaan het om die skadevergoedingsaak in te stel.

Die skikking word egter nie beskou as ʼn erkenning van aanspreeklikheid nie en word geag as die finale en volle skikking van die saak.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Your comment is awaiting moderation.

Ek probeer weer.

Wat daarvan as hy geskel is vir die 11de letter van die alfabet ?

Ek is trots om ‘n Boer genoem te word …

Willy ·

As hulle mos ‘n argument verloor dan maak hulle baie maklik ‘n saak oop dat mens kwansuis die K- woord gebruik het.

Justi ·

Ek is baie trots op my velkleur! Dis die ander se probleem as hulle n kompleks het oor hul velkleur. Is dit selfbejammering wat hulle laat stories uitdink om iemand valslik te beskuldig? Nee wat!

HELENA SEABORNE ·

mmmm maar dis reg as ons as wit tewe en white trash uitgeskel word op straat en deur verkeers en polisiebeamptes. dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.