Polisiemanne wat glo motoris verkrag beweer hulle is valslik beskuldig

Die twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word sat hulle ʼn motoris verkrag het beweer hulle is valslik beskuldig.

EWN berig dat die twee beamptes, wat Dinsdag in die Alexandra landdroshof verskyn het vir ʼn borgaansoek, van voorneme is om onskuldig te pleit op die aanklagte teen hulle. Die twee beamptes het glo ʼn vrou verkrag nadat hulle haar van die pad af getrek het. In ʼn aparte voorval is die vrou se suster glo ook dieselfde aand verkrag. Die ondersoekbeampte in die saak, Maureen Mkhize, het intussen aan die hof gesê sy glo nie daar is genoegsame bewyse om die beamptes voldoende aan die saak te verbind nie. Mkhize het ook ʼn verslag aan die hof voorgelê wat besonderhede verskaf rakende die beamptes se “beweging” die aand van die beweerde voorval. Volgens die verslag het die twee beamptes vir ses minute in Paulshof, waar die vrou glo verkrag is, gestop. Die beamptes beweer intussen dat hulle die twee susters afgetrek en op ʼn waarskuwing laat gaan het. Die beamptes beweer die susters was albei onder die invloed van alkohol.

Lees die berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.