Polisiemanne wat glo roof, aanrand in hof

Ses polisiebeamptes wat van aanranding, seksuele aanranding, roof en die besit van dwelms en ammunisie aangekla word se verhoor begin Woensdag in die Durban-streekshof in KwaZulu-Natal.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisiebeamptes het glo, in samewerking met burgerlikes, mense in hul huise beroof, dwelms in die huise geplant en die huiseienaars dan gedwing om hulle te betaal ten einde nie in hegtenis geneem te word nie. “Daar word beweer dat hulle een van die slagoffers seksueel aangerand het deur ʼn gebreekte besemstok in sy anus op te druk. Hy is ook erg aangerand en het verskeie beserings opgedoen. Van die slagoffers is van groot bedrae geld beroof.” Die ses polisiebeamptes ao. Kirubhum Naidoo (33) en konstabels Bukani Mlandeli Dlamini (29), Good-enough Dlamuka (34), Mandlakayise Mkhwanazi (32), Kenneth Gwala (33) en Sydwell Ayanfa Gwexa (32) is in Julie 2012 in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.