Polisiemoordenaar sit lank

SAPDDie Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis van Fabianus Fillipus, ‘n Namibiese man wat twee polisiekonstabels in Oktober verlede jaar in Houtbaai vermoor het, verwelkom.

Fillipus (29) is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moorde op konstabels Primrose Nikani (26) en Mandisi Nduku (27). Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, sê hoewel die vonnis nie kan opmaak vir die verlies van die konstabels se families nie, dit hopelik vertroosting sal bring om te weet dat Fillipus nie weer ander mense sal kan seermaak nie. Fillipus het vroeër die week ter strafversagting getuig. “Ek is bekommerd dat ek skuldig bevind is aan iets wat ek nie gedoen het nie. Ek is ook bekommerd om my kind en meisie agter te laat.” Die staatsaanklaer, Samantha Raphaels, het egter aangevoer dat albei konstabels op “teregstellingswyse” geskiet is en dat Fillipus nie berou getoon het oor sy dade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Potgieter ·

Eienaardig as mens skildig is en uit gevang word skop daar steeds self verdediging in. Dit is makliker om jou skild te dra vir jou sonde as om teen dit wat jy weet jy skildig is te stry en voor God te gaan staan Hy weet en ken die hart van die mens. Ja jy sal rekenskap gee voor hom vir jou somde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.