Polisiemoordenaars kry lewenslank

Drie mans wat skuldig bevind is aan die moord op twee polisiebeamptes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die hooggeregshof in Kaapstad.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die mans het geen emosie gewys toe regter Elizabeth Baartman hulle gevonnis het nie. Khangelani Thukela Twala is tot twee keer lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 65 jaar gevonnis terwyl sy medebeskuldigdes Sivuyile Sangovana en Olwethu Sothondoshe tot twee keer lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 45 jaar tronkstraf gevonnis is. Hul medepligtige Sibusiso Mehlo is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Van Wyk sê ao. Gershwin Matthee en konst. Cannon Cloete is in Mei 2011 in Boesakstraat in Kraaifontein doodgeskiet en van hul dienspistole beroof. Hul moordenaars is ook daarvan beskuldig dat hulle ʼn motoris en ʼn winkeleienaar geskiet en gewond het in twee afsonderlike voorvalle. Lt.genl. Arno Lamoer, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnisse verwelkom. Hy sê dit sal ʼn duidelike boodskap stuur aan kriminele oor die moord op polisiebeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Morgan Forster ·

Hier is nou mense lewenslank tronkstraf gegee omdat hulle twee polisiebeamptes vermoor het… Wat van die 9 polisiebeamptes wat die Mosambiekse taxi bestuurder vermoor het. Hulle is uit op R5000 borg elk! Flippen belaglik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.