ʼn Polisiestasie in Oss in Nederland is ontruim en die bomeenheid is ontbied om ondersoek in te stel nadat ʼn vreemde boks by die stasie gelaat is.
‘n Man van die dorp het ‘n “luislang”, soos hy dit genoem het en wat aan sy vriendin behoort het, in ʼn kartonboks voor die polisiestasie gelaat.
Omdat die polisie nie geweet het wat in die kartonboks was nie, is die polisiestasie ontruim en die bom-eenheid ontbied. Die slang is toe ontdek.
Die man het die polisie meegedeel dat sy vriendin “met die Noorderson vertrek het” en hom met die slang agtergelaat het. Hy het nie kans gesien om die dier te versorg nie.
Die “luislang” het geblyk ‘n betreklik onskadelike rotteslang te wees.