Polisievrou buite haar huis doodgeskiet

ʼn Polisievrou is Maandagaand buite haar huis in Umlazi naby Durban doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

“Konst. Gugulathu Ximba (33) is in haar motor buite haar huis in J-Section doodgeskiet,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy is vier keer geskiet en het twee skietwonde aan haar nek, bors en regterarm opgedoen.”

Sy is na ʼn hospitaal geneem, maar is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Ximba was deel van Durban se hawesekuriteitsdienste. Haar vuurwapen is tydens die aanval gesteel.

“Ek betoon my medelye aan die familie en verseker hulle dat ons alles in ons vermoë sal doen om die oortreders aan te keer,” het lt.gen. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisie-kommissaris, gesê.

Die Valke sal die ondersoek hanteer. Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.