Polisievrou glo deur eksman doodgeskiet

Ao. Tessa Steyn is na bewering Dinsdag in Uitenhage in die Oos-Kaap deur haar voormalige man doodgeskiet waarna hy glo selfmoord gepleeg het.

Kapt. Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie, sê Steyn (43) is na bewering deur haar voormalige man, Fanus Rautenbach, doodgeskiet op ʼn kleinhoewe in Rocklands. Jarvis sê twee jong kinders wat ten tyde van die voorval in die huis was, is deur geweerskote wakker gemaak waarna hulle op Steyn en Rautenbach se liggame in die sitkamer afgekom het. Steyn was ʼn adjudant-offisier by die Motherwell-polisiestasie terwyl Rautenbach, ʼn voormalige polisielid, by ʼn veiligheidsmaatskappy werksaam was ten tyde van sy dood. Jarvis sê ʼn 9mm-pistool is op die toneel gevind. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.