Polisievrou in Kaapstad doodgeskiet

ʼn Polisievrou is Vrydagaand in Philippi in Kaapstad doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. André Traut, sê die 36-jarige konstabel was in uniform en het met ʼn polisiemotor gery toe sy omstreeks 18:40 twee keer deur die windskerm geskiet is. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het. Die moordenaars het van die toneel gevlug. Traut sê die konstabel was ongewapen en op pad om ʼn pakkie te gaan afhaal in Khayelitsha ten tyde van die voorval. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.