Polisievrou moet opdok ná sy kougom gaps

ʼn Mpumalanga reserwe-konstabel is tot 60 dae tronkstraf gevonnis of die opsie om ʼn R1000 boete te betaal ná sy kougom ter waarde van R10 gesteel het.

The Sowetan berig Joyce Siphiwe Mahlangu (39) is Maandag in hegtenis geneem na sy Beechies by ʼn Shoprite in Kwaggafontein gesteel het.

Luitenant-kolonel Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê sy was aan diens en in die winkel om badkamerbenodigdhede te koop. Toe sy die winkel wou verlaat het ʼn sekuriteitswag haar voorgekeur om haar strokie na te gaan. Hy het opgemerk dat sy nie vir die Beechies betaal het nie.

Sy het Maandag op ʼn aanklagte van diefstal in die Kwaggafontein-distrikshof verskyn waar sy op borgtog vrygelaat is. Sy het Dinsdag weer in die hof verskyn waar sy skuldig bevind is. Mahlangu het gekies om die boete te betaal.

Volgens Hlathi gaan sy ook intern deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.