Polisievrou skiet kollega

‘n Polisievrou van Rawsonville, Kaapstad, is in hegtenis geneem nadat sy glo ‘n kollega geskiet het.

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (IPID) ondersoek tans waarom sy haar kollega, met wie sy glo ‘n verhouding gehad het, geskiet het, berig EWN. “Sy het glo haar kollega geskiet, maar die oorsaak is nog onbekend,” het Moses Dlamini, woordvoerder van IPID, gesê. Die polisieman sterk tans in die hospitaal aan.

Die vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

‘n Polisiekonstabel het vroeër die maand ‘n polisiekaptein in ‘n padwoedeaanval vermoor. Die twee beamptes, wat beide nie aan diens was nie, was naby die Katlehong-winkelsentrum in ‘n ongeluk betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.