Polisievrou vas ná sy glo grimering steel

Argieffoto.

ʼn Polisievrou van Noordwes is in hegtenis geneem nadat sy glo grimering by ʼn Clicks-winkel in Potchefstroom gesteel het.

Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die vrou, ʼn luitenant kolonel, is Vrydag by die Clicks-winkel by die Mooirivier-winkelsentrum in hegtenis geneem nadat sy glo twee maskarabuisies ter waarde van R130 gesteel het.

Moiloa het gesê die beampte was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie.

Die beampte moet binnekort in die Potchefstroomse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

ʼn SAPD Luitenant kolonel wat van winkeldiefstal aangekla word? Daardie rang en sy steel! Moet in die gene wees.

Seg Net ·

SAPD – Suid Afrikaanse Professionele Diewe. Dit is die grootste wettige misdaad sindikaat in die wêreld.

akram ·

Dit is tragies. Die SAPD het so verval, dat mense dit deesdae nie kan respek nie. Die lede wat die naam hoog probeer hou, en nog trots het, word deur sulke insidente weer afgebreek. Ek glo dat sy net op die vingers getik gaan word, en departementeel seker niks. Sy was mos nie aan diens nie. Dt bly n skande. senior lede moet lyding gee, wel sy gee n goeie voorbeeld, dit gaan mos al lank so in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.