Metropolisievrou vas oor plofstof, gesteelde kar

Argief. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Tshwane-metropolisiebeampte is Maandag in hegtenis geneem nadat drie stelle plofstof, ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ‘n gesteelde voertuig in haar besit gevind is.

Die polisie het ‘n klopjag op die 29-jarige konstabel se huis in Akasia uitgevoer, berig EWN. “’n Ondersoek sal uitgevoer word om uit te vind of die vrou ook aan ander misdade verbind kan word,” het Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons probeer uitvind of sy aan ander misdade, hoofsaaklik OTM-ontploffings, verbind kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.