Polisievrou vas vir kêrel se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vroulike polisiebeampte van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo Sondagaand haar kêrel met ʼn skerp voorwerp vermoor het.

Moses Dlamini, ʼn woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Maandag gesê die voorval het glo Sondagaand omstreeks 21:00 by die beampte se huis in New Location, Misgund, plaasgevind. “Die 29-jarige konstabel het glo aan die polisie erken dat sy haar 22-jarige kêrel, Vincent Cook, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het,” het Dlamini gesê.

Die slagoffer het steekwonde aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die beampte moet binnekort in die Joubertina landdroshof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.