Polisievrou vas vir ‘moord’

ʼn Konstabel is Vrydagaand in Klerksdorp, Noordwes in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn man se dood veroorsaak het deur hom van ʼn bewegende voertuig te gooi.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoek­direktoraat (Opod), sê die voorval het na bewering Sondagaand plaasgevind. “ʼn Groep jongmense het Sondagaand huis toe geloop van ʼn kroeg. ʼn Polisievoertuig het glo by ʼn Engen-vulstasie langs die pad gestop waarna die konstabel vir Kleinbooi Matthews (20) na die voertuig geroep het. Matthews het glo sy kop by die polisievoertuig se venster ingesteek waarna die polisievrou glo die venster toegemaak en begin ry het. Die res van die slagoffer se liggaam het by die voertuig uitgehang.” Dlamini sê die konstabel het glo die venster oopgemaak en Matthews van die bewegende voertuig gegooi. Hy is op die toneel dood verklaar. Die 32-jarige konstabel sal Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.