Polisievrou vir “vermiste” vuurwapens gevang

Argieffoto

ʼn Vroulike polisiebeampte van Dimbaza in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens.

Brigadier Marinda Mills, woordvoerder vir die polisie in die provinsie, het bevestig dat die konstabel oor die naweek in hegtenis geneem is, berig AlgoaFM. “Sy is vermoedelik betrokke by ʼn aantal vuurwapens by Dimbaza-polisiestasie waarvoor daar nie rekenskap gegee kan word nie,” het Mills gesê. “Ons het gesoute speurders wat die saak ondersoek, ons het reeds verskeie deurbrake gehad en verwag dat nog persone in hegtenis geneem sal word.”

Die polisie in die Oos-Kaap het Woensdag berig dat ʼn sersant in Mthata in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Lt.kol. Mzukisi Favetla, woordvoerder van die polisie, het gesê die 50-jarige sersant is by sy huis in Northcrest in Mthatha in hegtenis geneem. Die polisie het glo beslag gelê op ʼn .303-geweer, ʼn haelgeweer, ʼn 7.65mm-pistool en dosyne rondtes ammunisie. Sommige wapens se reeksnommers was afgevyl. Fatvela sê die polisieman is verlede jaar op ʼn soortgelyke aanklag geskors. Na bewering het die polisiebeampte deeltyds ʼn privaatsekuriteitsmaatskappy bedryf. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.