Polisievroue vas vir korrupsie

Twee polisievroue van Bethanie sal Maandag in die landdroshof in Ga-Rankuwa verskyn op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg.

“Hulle is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle omkoopgeld probeer bekom het,” het ao Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie in Noordwes gesê. “ʼn Vrou se man is vir aanranding met die doel om erge liggaamlike skade aan te rig, in hegtenis geneem. Die polisie het ook op sy motorsleutels beslag gelê. Die polisiebeamptes het aan die vrou gesê dat sy R5 000 moet betaal sodat die motor aan haar terugbesorg kan word,” het Tselanyane bygevoeg.

Die vrou het met die polisie in verbinding getree en ʼn lokval is vir die beamptes gestel. Hulle is net nadat hulle die geld ontvang het, in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.