Politici-joernaliste moet bedank

Argieffoto

Argieffoto

Joernaliste wat hulself as kandidate vir politieke partye beskikbaar gestel het, moet bedank, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) Sondag gesê.

“Ons stel voor dat ‘n joernalis moet bedank sodra sy of haar naam met toestemming op ‘n politieke party se lys van kandidate verskyn wat by die Onafhanklike Verkiesingskommissie ingedien word,” het die organisasie in ‘n verklaring gesê.

Volgens Sanef moet die bedanking plaasvind ongeag of die kandidaat ‘n setel ná die verkiesing gewaarborg is of nie.

Sanef sê altesaam 192 klagtes teen die media is tussen 16 Augustus en 15 November by Latiefa Mobara, openbare advokaat by die Mediaraad, ingedien. Altesaam 58 klagtes is na die ombudsman gestuur vir beslissing, waarvan 23 reeds opgelos is en ses van die hand gewys is.

“Sanef moedig lede van die publiek of politieke partye aan wat verontreg voel oor ‘n storie of stories wat gepubliseer is en glo dat dié stories weens politieke of ander invloede geskryf is, om ‘n klag te lê by die persombudsman en bewyse daarvoor te verskaf.”

Angela Quintal, redakteur van die Mail & Guardian, is oor die naweek aangestel as Sanef se nuwe sekretaris-generaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.