Politieke party in sop oor hoë polvye

Anke in die kort rokkie en hoë polvye. Foto: AFP

Anke in die kort rokkie en hoë polvye. Foto: AFP

‘n Vlaamse regter het ‘n stokkie gesteek voor ‘n plakkaat waarin die leier van ‘n politieke party in hoë polvye en ‘n kort rokkie haar boodskap tuis bring.

Die beswaar het van die bekende Franse vervaardiger van die hoëhakskoene, Louboutin gekom. Hulle het hulle nie soseer oor Anke van Dermeersch se kort rokkie en hoë hakke uitgespreek nie, maar weens die anti-Islamitiese slagspreuk op haar bene, aldus die Vlaamse media.

Van Dermeersch is die leier van die regse Vlaamse party, die Vlaams Belang, en die party het beoog om nog heelwat plakkate van dié aard te laat maak.

Louboutin was nie beïndruk daarmee dat sy handelsmerk op die plakkate ten toon gestel word nie. ‘n Woordvoerder sê die vervaardiger wil nie sy naam in die politieke arena laat insleep nie, en allermins deur ‘n regse party soos die Vlaams Belang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.