Politiekery met “Boere” moet end kry – Agri SA

grondhervormingDie uiteenlopende politieke konnotasies wat aan die begrip “Boer” geheg word, is skadelik vir die landboubedryf, het Agri SA Dinsdag gesê.

“Die gebruik om “Boer” gelyk te stel aan die Afrikanervolk of ‘n minderheidsgroep of -regering skep ‘n veralgemeende siening dat praktiserende boere ‘n bepaalde politieke profiel verteenwoordig,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê.

Cyril Ramaphosa, adjunk president van die ANC, het inwoners van Limpopo oor die naweek aangemoedig om te stem “anders gaan die Boere weer aan bewind kom”, het The Star Maandag berig. Lees meer hier.

Volgens Möller kan die meeste rolspelers in die bedryf hulle nie hiermee vereenselwig nie en heers daar kommer oor persepsies wat daardeur geskep word asook die polarisasie wat dit aanmoedig.

“‘n Toenemende aantal boere van verskillende rasse en politieke oortuigings neem deel aan die bedryf en hulle wil graag as trots Suid-Afrikaanse boere bekend staan sonder kommer dat hulle beroep se identiteit vir politieke doeleindes misbruik word,” het hy begevoeg.

Veral teen die agtergrond van volgende jaar se algemene verkiesing, doen Möller ‘n beroep op politici en andere om bovermelde siening te respekteer en die begrip “Boer” met omsigtigheid te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vivienne ·

Agri SA moet hom eerder bepaal by gewigtiger sake wat tot voordeel van die boer sal strek as om ‘n woorduitleg te probeer doen.

Paul ·

Is jy ‘n lid van AgriSA?
AgriSA moet doen wat sy lede van hom wil hê en wat in hulle belang is.

Elize Mans ·

Ja,hierdie aantuiging,is definitief nie op swart Boere gedoen nie,maar op die wit Boere.Hulle mag mos rasistiese uitsprake lewer,maar was dit nou weer Steve,dan was die koerante almal vol daaroor.Ek is bly dat hulle die Boere vrees.!!

Justi ·

Bedoel hulle boere soos in boere? Of blankes in die algemeen? Agri SA doen n wonderlike werk. Vivienne kan ek dalk vir jou die paplepel aangee? Jy en Maggie klink vir my so baie dieselfde………??

Vivienne ·

Hoekom respekteer jy nie my siening nie? Ek doen dit met joune. Jy klink soos ‘n ou oom omdat jou sê tel en nie ons wat nog aan die jongerige kant is nie. Plaas dat jy help en nie afkraak nie. Julle het immers die lewe al geleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.