Die polisie in Zambië het ʼn leier van die opposisieparty in hegtenis geneem en van naamskending aangekla nadat hy die land se president met ʼn patat vergelyk het.
Frank Bwalya, leier van die Alliance for a Better Zambia, het glo Maandag tydens ʼn regstreekse radio-onderhoud na die president, Michael Sata verwys as “Chumbu Mushololwa”.
Die Bemba-uitdrukking verwys na ʼn soetpatat wat breek wanneer dit gebuig word en die term word gebruik om ʼn persoon te beskryf wat nie ag slaan op advies nie.
Volgens Eric Chanda, die sekretaris generaal van die alliansie, het die polisie glo self besluit om Bwalya in hegtenis te neem en aan te kla. As Bwalya skuldig bevind word, kan hy vir vyf jaar tronk toe gestuur word.
SAPA-AFP
Koolkop sou dalk meer byval gevind het!