Polokwane-ongeluk eis vier

netcare911-1-292x225Vier mense is dood en drie is beseer ná ‘n botsing Maandagaand tussen ʼn ligte voertuig en ʼn vragmotor.op die N1-suid sowat 35km buite Polokwane in Limpopo.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was vier mense reeds dood. Drie mense het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Voertuie waarop min of geen onderhoud plaasvind, onder andere vragmotors, geduld, selfbeheersing, respek, enkele gedagtes waaraan mens moet voldoen, veral in hierdie feesgety waar daar weer ‘n toename in verkeer sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.