Pompjoggies staak van Maandag af

petrolpompDuisende werkers in die motorbedryf sal van Maandag af staak, het die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) gesê.

“Werkgewers het ‘n baie onverantwoordelike houding ingeneem deur uit die onderhandelings te onttrek,” het Irvin Jim, uitvoerende hoof van Numsa, Sondag gesê. “Werkgewers was ontevrede met Numse se besluit om ‘n 48-uur kennisgewing vir ‘n staking uit te reik.”

Duisende werkers, insluitend pompjoggies by vulstasies, werkers by kleinhandelaars van onderdele, paneelkloppers, motor- en onderdelehandelaars, werkswinkels en handelaars sal aan die staking deelneem.

Numsa dring aan op ‘n algemene loonverhoging van R30 per uur teen 2016 in alle bedrywe vir werknemers wat meer as R6 000 per maand verdien; ‘n nagskoftoelaag van 20% van die normale betaling en ‘n laatmiddagskof van 15%.

Karl Cloete, adjunk uitvoerende hoof, het gesê die bedryf het ongeveer 300 000 werkers, waarvan Numsa 70 000 werkers verteenwoordig. ‘n Pompjoggie by ‘n vulstasie verdien ongeveer R700 per week.

Stakende werkers sal in Kaapstad en Johannesburg aan optogte deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Meneer

Beteken dit minder trokke en taxi’s op die pad?

Jasper

Nou is ek gekonfoes. NUMSA baklei vir mense wat R6,000 en meer per maand verdien. Maar n pompjoggie verdien net R2,800. Iewers rym iets nie.
Elkgeval, hou aan staak tot die land bankrot is en niemand meer n kar kan bekostig nie en kyk waar kom die geld vandaan. Welkom in Donker Afrika.

Johannes Blom

Wel met die swak diens en arrogante houding van sommige van die pompjoggies kan hulle maar permanent staak want die tydelike werkers en in sommige gevalle wittes lewer ‘n baie beter diens.

Andries

Ek gooi al jare diesel in my bakkie in. Boere diesel op die plaas.

Frik

Of die winch.