Pompjoggies staak volgende week

Nog werkers in die motorbedryf, insluitend petroljoggies wat aan Numsa verbonde is, sal volgende week staak, het die vakbond Dinsdag gesê.

“Ongeveer 72 000 werknemers by vulstasies, komponente, motorhandel, paneelkloppers, motor- en onderdele, werkswinkels, vragmotor- en sleepwavervaardigers, en handelaars sal van 2 September af staak,” het Castro Ngobese, woordvoerder van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), gesê.

“Onderhandelinge in Julie tussen die werkgewers en Numsa was onsuksesvol,” het Ngobese gesê. “Die eerste fase van die loononderhandelinge het reeds in die week van 28 Mei begin. Numsa het gedurende die laaste fase van onderhandelinge verklaar dat die onderhandelinge ‘n dooie punt bereik het.”

Die vakbond eis onder andere ‘n algemene verhoging teen 2016 van R30 per uur in alle sektore en afdelings vir werkers wat meer as R6 000 per maand verdien. “Ons eise moet binne die konteks van verhoogde lewenskoste en vervoer geplaas en verstaan word,” het Ngobese gesê.

Volgens Ngobese word ‘n paar betogings beplan om volgende week in Gauteng, die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal plaas te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

… Ja swaer,en net gister hoor ons petrolprys verlaag met ‘n GROOT bedrag – 10 sent ! Hehe, nou moet ek in elkgeval die tenk gaan vul teen die huidige prys.

VIVA, DIE NUWE “VERBETERDE” SUID-AFRIKA ! EK STRIKE OOK SOMMER.

Charl ·

Die stelses hier is so ingerig dat almal self hulle eie brandstof kan ingooi. Maar in die nuwe sa is dit onwettig. Die enigste rede is omdat dit werkskepping is.

JAVR ·

As dit hier so moet werk sal daar nie ‘n petrol stasie in die land wees wat profyt maak nie want die donners sal manier vind om petrol te steel!

MITZ MALAN ·

Die donners moet liewer hul pompwerk by die vulstasies hervat, en hul pompwerk by die huis inkort, want dan sal daar outomaties minder van die helsems wees om ons hoofbrekens te besorg!

Gert Malan ·

In die kol Mitz, dis van teveel pomp by die huis dat dit gaan soos dit gaan. Ek stem saam met Henrietta en Charl, laat ons dit self doen. (Mitz, is ons familie?)

MITZ MALAN ·

Gert, Henrietta en Charl het die doodlogiese oplossing, maar het jy nou al gedink hoeveel taxi’s sal eenvoudig net wegjaag nadat hulle self petrol ingegooi het? Ons leef tans in ‘n land van barbarisme en met onkundige agtelosigheid oor die toekoms van hierdie pragtige, pragtige land. Nee, ons is nie familie nie, maar jy praat my taal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.