Die onafhanklike kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Icasa) het Woensdag drie kanale goedgekeur wat volwasse vermaakmateriaal mag uitsaai.
TopTV het streng teenkanting teen die besluit, om pornografiese materiaal uit te saai, uit alle oorde ontvang. Volgens EWN sal TopTV nou Playboy TV, Desire TV en Private Spice mag uitsaai. Die programme sal tydens ʼn “waterskeidingsperiode” tussen 20:00 en 05:00 uitgesaai word. “Daar is verskeie ander sekuriteitsmaatreëls in plek gestel om seker te maak dat kinders beskerm word en alle besware is in ag geneem,” het Paseka Maleka, woordvoerder vir Icasa, gesê. “Ons moes seker maak dat ons alle besware in ag neem, maak nie saak hoe klein dit is nie.”
Icasa sê daar is geen wet in Suid-Afrika wat die vervaardiging of verspreiding van volwasse materiaal verhoed nie.
Lees ook:
TopTV-aansoek: “Pornografie lei tot verkragtings,” sê Hettie Brittz
“TopTV mag porno wys”, sê advokaat
TopTV bring weer aansoek om porno te wys
Okosa: Geen porno op TV vir SA
Kerke wil TopTV boikot oor porno
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Groot jammerte! Gaan baie van ons huwelike verwoes!
Dit is net weer n bewys dat ons onder n heidense regering is en dat ons land en alle waardes in die riool pyp af is.
GROOOOOOOOOOOT FOUT!!!!!!!!!!!
Die “groot fout” is om te dink dat dit moontlik is om ander mense te hou aan jou eie ideologiese of morele standaarde.
As mense pornografiese materiaal wil kyk sal hul in elk geval ‘n manier vind om dit te doen. Die ICASA se besluit verander absoluut niks daaraan nie.
In Suid Afrika is enige iets moontlik . Dit skok n mens nie meer nie. Top TV was op die randjie van bankrotskap. Nou gaan die mense net Top tv koop en multi choice gaan ook seker aansoek doen.
Dagga gaan gewettig word, gay huwelike is seker al gewettig, en aborsies ook.