Pornografie-klagtes teen burgemeester

Burgemeester Jonas White

‘n Burgemeester van die Wes-Kaap word tans deur die polisie ondersoek nadat hy glo pornografiese foto’s aan sy adjunk gestuur het.

Die Sunday Times het berig dat Jonas White, burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit, glo pornografiese foto’s van homself aan sy adjunk, Lorna Scheepers, gestuur het. Hy het glo ook ‘n privaatreis voorgestel waar hy en sy, op die munisipaliteit se onkoste, alleen na Durban sou reis. Besonderhede van die voorvalle is in ‘n verklaring wat Scheepers by die uitvoerende komitee van die ANC in die Wes-Kaap ingedien het.

Songezo Mjongile, sekretaris van die ANC in die provinsie, het aan die Sunday Times bevestig dat die party die bewerings ondersoek. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het ook die ondersoek bevestig. “Ons ondersoek die saak. Sodra dit afgehandel is, sal die uitslag aan me. Scheepers bekendgemaak word,” het Potelwa gesê.

“Die burgemeester is nie bewus van enige onvanpaste boodskappe wat hy in sy amptelike hoedanigheid aan enige burgers in die munisipale distrik gestuur het nie,” het Anthony Mlata, White se woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.