‘Pornohoof’ terug by skool

Die departement van onderwys in Gauteng het die skorsing van ʼn skoolhoof wat glo pornografie aan ʼn leerling gewys het omgekeer.

Charles Phahlane, woordvoerder van die departement van onderwys, sê daar was geen gronde vir ʼn interne dissiplinêre verhoor nie aangesien die bewerings nie vasgestel kon word nie. Die Sowetan het verlede maand berig dat ʼn graad 10-leerling beweer het die hoof het pornografie aan haar gewys. Die hoof het egter die bewerings ontken en beweer daar was ʼn komplot teen hom. Die meisie se ouers het ʼn klag by die departement van onderwys ingedien. ʼn Onderwyseres by dieselfde skool is intussen geskors hangende ʼn ondersoek nadat sy glo aan leerlinge gesê het om valse bewerings teen die skoolhoof op te maak. Die hoof is intussen terug by die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.