Porsche 911-ontwerper sterf

Porsche 911 Turbo

Ferdinand Alexander Porsche (76), die ontwerper van die oorspronklike weergawe van die ikoniese 911 sportsmotor, is Donderdag in Salzburg, Oostenryk oorlede.

Die oorsaak van die dood is nog nie bekend gemaak nie.  “As skepper van die Porsche 911, het hy ʼn ontwerperskultuur geskep wat sportsmotors tot vandag toe vorm,” het Matthias Mueller, hoof uitvoerende beampte van Porsche AG, in ʼn verklaring gesê. “Sy filosofie van goeie ontwerp is vir ons ʼn nalatenskap wat ons ook in die toekoms sal eer.” Porsche, die kleinseun van Ferdinand Porsche wat die oorspronklike Volkswagen kewer geskep het, het die eerste 911 in 1962 ontwerp. Die 911 is steeds die toonbeeld van die Porsche-handelsmerk, selfs toe die motorvervaardiger meer as net sportsmotors begin vervaardig het. Porsche het die sewende generasie van die $82 100 911 in September bekendgestel. “Hy was ʼn baie spesiale man, en die maatskappy was sy lewe en waarvoor hy gestaan het,” het Guenther Molter, skrywer, gesê.

Klik hier om die volledige Calgary Herald-artikel te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.