Nederland ontslaan posbode wat briewe wegsteek

‘n Nederlandse posbode wat oor ‘n tydperk van drie jaar duisende posstukke in ‘n skuur versteek het, is summier in die pad gesteek.

Die Nederlandse posdiens, PostNL, het na klagtes ondersoek ingestel en die vonds gedoen. Die posstukke word nou aan sowat 750 ontvangers besorg, en elkeen word in persoon om verskoning gevra.

Die rede vir die posman se gedrag is nog nie bekend nie, maar PostNL sê ‘n posbode kan nie die kliënte straf omdat hy vir sy werkgewer kwaad is nie.

Nederland het 22 000 posbodes, en elke jaar word ‘n aantal ontslaan omdat hulle nie hul werk behoorlik doen nie. Vanjaar is al minstens drie ander posbodes ontslaan. Een het selfs die pos verbrand, terwyl ‘n ander die pos by sy huis geberg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amy ·

Nou waarom sal hulle so iets wil doen? Rêrig!!! Om iemand anders se pos by jou te wil hou? Ai si!!!

Trippie ·

Nee wat, hier in die nuwe “verbeterde” Suid-Afrika word niks weggesteek nie – DIT WORD GESTEEL !

Erich Goosen ·

As ons so straf met ons posmense werk, kon die Poskantoor al lankal gesluit het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.