Poskantoor sal hope e-tolrekeninge kan hanteer

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het sy vertroue uitgespreek dat hy met gemak volumes e-tolrekeninge sal kan hanteer, het Beeld Donderdag berig.

“Selfs as een miljoen motoriste elke dag besluit om die snelweë sonder e-tolskyfies te gebruik, en ons een miljoen e-tolrekeninge per dag ontvang, sal ons stelsels dit kan hanteer,” het Newyear Ntuli, groephoof van e-besigheid by die poskantoor, gesê.

Hy het gesê die poskantoor hanteer reeds ’n gemiddeld van 450 000 verkeersverwante posstukke per maand.

Dipou Peters, die minister van vervoer, het verlede week aangekondig dat die e-tolstelsel op 3 Desember in werking gestel gaan word.

Motoriste sonder ʼn e-tolrekening, of ʼn dagpas, het ʼn sewe-dag grasieperiode om hul tolgeld te betaal as hulle deur ʼn tolhek ry. ʼn Rekening sal deur die poskantoor gestuur word as die motoris nie binne dié sewe dae betaal nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

LINDA VAN ROOYEN ·

hulle kan nie huidiglik die pos reg of op tyd aflewer nie… sonder om te staak… hoe gaan hulle die ekstra duisende briewe afgelewer kry – wat n grap

Eben ·

Newyear Ntuli glo my ek moes eers seker maak dis nie n vroeer 01 April grappie. Daar is GEEN manier dat die poskantoor dit kan hanteer. Hulle kan nie eers oor die fees seisoen die kers kaartjies hanteer, dan staak hulle nie eers.

Vertel ons na die staking(s) wie gaan dit verwerk! Komaan ou grote … wees eerlik en herken julle het groot probleem

Meneer ·

Ha ha said the clown. Scamral is nogal desperaat om vrees in te boesem! Hanteer 450 000 verkeersverwante posstukke per maand, maar sien kans vir 1 000 000+ per dag? Baie sterkte!

DIKKES ·

Yeah right whatever … kom hier dalk WERK SKEPPING? Want glo my n sekere Poskantoor se diens is swakker as swak. As jy eendag voor kom, moet hy hoor SORRY OFFLINE … ag spaar my hierdie bollie.

Kan net lag ·

Daar is groot verskil tussen 450000 per maand en oor ‘n miljoen ‘n dag. Wat hul nie click nie is elke gantry wat jy gaan deur ry gaan ‘n rekening moet trigger want hoe gaan hul weet wanneer jy van etol pad afklim. En as hul 7 dae betaling limit stel met oor 300% rente heffing moet hul rek stuur sodra jy deur die gantry ry ????So die posbusse gaan oorloop want jy gaan nie net een rek kry nie. Duidelik het hul nie die hele rekening aspek deur gedink nie. Dit bly net dreigemente en een groot joke. Net soos die een baan wat vir motoriste wat meer as een in motor was. Die kameras en robots by die onramps alles sover net mislukkings.

JB ·

Nou gaan die stakings eers begin, want nou sal hul meer moet “werk” en meer geld wil hê! Hie-hie! Narre sal hul altyd bly!!!

Kobus ·

Hoe gaan ek weet hoeveel ek moet betaal as ek eers na sewe dae my rekening ontvang? Dan is ek mos klaar in die moeilikheid?

Koos Pretorius ·

Ona moet nou Poskantoor aandele koop hulle gaan gelmaak uit etoll rekeninge

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.