Poskantoorstaking beëindig

Die maandelange staking by die Suid-Afrikaanse Poskantoor is Dinsdagaand beëindig na die kommunikasie-werkersvakbond (CWU) en die bestuur van die poskantoor ‘n ooreenkoms bereik het.

CWU eis dat werknemers wat deur arbeidsmakelaars verteenwoordig word permanent aangestel moet word. Talle van dié werknemers werk reeds jare lank by die poskantoor sonder dat hulle enige erkenning of byvoordele geniet. Die staking wat sowat drie maande lank geduur het, het daartoe gelei dat posafleweringsdienste in sekere dele van Gauteng agterstallig geraak het. Volgens die poskantoor sal die opeenhoping binne ʼn paar dae opgeklaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.