Poskantoorstaking: Werknemers moontlik afgedank

Poskantoorwerkers in Gauteng wat verlede maand begin staak het, kan moontlik afgedank word.

“Ná onsuksesvolle pogings om die huidige onwettige staking op te los, het die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) met prosedures begin om die werknemers, wat aan die onwettige staking deelneem, af te dank,” het SAPO Maandag gesê. Die besluit om die werknemers af te dank is “onafwendbaar” nadat hulle nie gehoor gegee het aan ultimatums om op 13 Maart terug te keer werk toe nie.

Die staking het op 14 Februarie begin, met Witspos en Tshwane-possentrum wat die ergste hierdeur geraak is. SAPO het op 19 Februarie ‘n interdik bekom om die staking onwettig en onbeskermd te verklaar. SAPO sê die stakende werkers is mislei en hulle was onder die indruk dat daar uitstaande pensioengelde aan hulle betaalbaar is. ‘n Vergadering met vakbonde en pogings om met die leiers van die stakende werknemers te praat was vrugteloos.

“’n Proses by die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie is van stapel gestuur om die staking te beëindig, maar kommunikasiepogings om die werknemers in te lig, was ook vrugteloos,” het SAPO bygevoeg. “Dit is noodsaaklik dat ons ons kliënte as die middelpunt beskou van alles wat ons doen en die huidige onwettige staking het ongelukkig ‘n negatiewe impak op ons kliëntediens gehad.”

Volgens Aubrey Tshabalala, sekretaris van die kommunikasiewerkersvakbond in Gauteng, het sommige werknemers reeds hul afdankingsbriewe ontvang. “Die staking is deur ‘n klein groepie werknemers begin, en nie deur die vakbonde nie,” het hy gesê. “Die groep het gesê die staking vereis nie enige ingryping deur die vakbonde nie, maar nou is ons lede se poste in gevaar.” Lede van dié vakbond het verskeie kere probeer om te gaan werk, maar hulle is telkens toegang geweier. Volgens Tshabalala sal die vakbond se leiers Maandag vergader om die saak te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna ·

Dit is baie sleg kry nie ons pos nie en ek het nou vandag my Finesse vir April maand ontvang maar nog nie die Maart Finesse nie , so dit is seker maar weg. My skade.

Brenda ·

Ek wag vir n pakkie wat al 4 WEKE terug by my moes wees! Baie sleg…

H J Bester ·

Mens begin regtig deesdae wonder of dit in alle gevalle oor swak vergoeding gaan en of dit maar sommer net gewoon luiheid is. As mens let op die traagheid in veral die staatsdien, dan is dit ongetwyfeld luiheid wat meeste laat staak. Die ANC het as sogenaamde vryheidsparty, sy ondersteuners, die massas swart mense, baie geleer van vryheid maar nooit geleer dat die vryheid juis ook inhou dat dat daar gewerk moet word nie. Almal wil net hand in die geldlaai kry en wil ontvang waarvoor nie noodwendig gewerk word nie. Dis sekerlik die laagste wat produktiwiteit nog in Suid-Afrika was – die oorsaak – luiheid !!!

Etienne ·

Dit is tyd tyd dat betogings en stakings n meer gestruktureerde vorm / struktuur moet begin kry. Want regte kan mos nie meer weg geneem word nie (sic). Ek as onderneming verloor inkomste agv die sloerende staking, en al wt die poskantoor se “Eish Sorry” en hul dink dit betaal oorhoofse kostes. Ek het reeds begin om oor te skakel na couriers, wat op die oog af duurder is maar die diens is feitlik gewaarborg, jy kry waarvoor jy betaal, en dit word by jou voordeur afgelaai. Hul webtuiste is hieronder. Probeer hulle, jy sal nie teleurgesteld wees nie.

http://www.xoc.co.za

Brenda ·

Ja, dit is nou n goeie plan! Kom ons boikot die Suid-Afrikaanse posdiens. Ons in SA het te verdraagsaam met swak dienslewering geword. Ons moet begin opstaan vir ons regte…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.