Poskantoorwerkers dreig om weer te staak

Die kommunikasiewerkersvakbond (CWU) het Woensdag gedreig dat sy lede weer sal staak as daar nie aan hul eise voldoen word nie.

Meer as 7 000 werkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het in September gestaak en ʼn salarisverhoging, huissubsidies en ʼn herstrukturering van die poskantoor se topbestuur geëis.

Die meerderheid van die werkers het vandeesweek weer teruggekeer werk toe, berig EWN. Aubrey Tshabalala, die unie se woordvoerder, sê egter hy weet nie of die werkers by die werk gaan bly as daar nie aan al hul eise voldoen gaan word nie. “As bestuur nie terugvoer gee nie, of negatiewe terugvoer gee, mag dit tot verdere aksies lei,” het hy gesê.

Tshabalala het gesê die Poskantoor het werkers ʼn 6%-verhoging aangebied, maar nie met die unie verder onderhandel nie, wat werkers ontstel het.

Die Poskantoor is tot Woensdagaand tyd gegun om terugvoer oor die eise te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.