Poskantoorwerkers kry onaangename verrassing

Werknemers by die Sabie-poskantoor in Mpumalanga, het die skrik van hulle lewe gekry toe vier lewendige slange Maandag uit ʼn pakkie geseil het.

Beeld berig poskantoorwerkers kon nie vinnig genoeg die sorteerkamer verlaat toe die reptiele hulle verskyning gemaak het nie. Die slange kom van ʼn pakkie wat van die Oos-Rand gepos is.

ʼn Lid van die plaaslike parkeraad is ontbied wat die slange gevang en verwyder het.

Volgens die berig gaan die persoon, wat die pakkie gestuur het, aangekla word van die onwettige vervoer van wilde diere.

“Dit is onwettig om enige lewendige dier, vloeistof wat mag lek en ander posstukke beskadig of enige radioaktiewe materiaal te pos,” het Ndala Mnisi, woordvoerder van die Poskantoor, aan Beeld gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Die pakkie is nie noodwendig oopgemaak nie – ‘n slang kan deur baie klein openinge seil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.