Potch-egpaar aangeval, huishulp vermoor

‘n Huishulp is Vrydag met ‘n mes doodgesteek in ‘n rooftog by Mohadin naby Potchefstroom.

“Die 17-jarige huishulp is in ‘n buitekamer by haar werkgewer se huis vermoor,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Die rowers het glo oor die heining van die bejaarde paartjie se huis gespring en die huishulp in haar kamer konfronteer. Hulle het haar verskeie kere met ‘n mes in haar bors gesteek.

Die 68-jarige huiseienaar het na die huishulp se kamer gegaan en is deur die aanvallers oorweldig wat glo met ‘n mes en vuurwapen bewapen was. “Die verdagtes het die vrou geblinddoek en haar na die huis geneem waar haar sieklike 71-jarige man was. Hulle het die egpaar se hande en voete met ‘n koord vasgebind,” het Makau bygevoeg. Hulle het die huis deursoek en met ‘n selfoon en kredietkaart gevlug. Hulle het die kredietkaart se pinkode geëis.

‘n Saak van moord en roof is geopen.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.